Kom eet saam met
Suid-Afrikaanse skrywers!
Die skrywers Marita van der Vyver, Etienne van Heerden, Sonja Loots en Kirby van der Merwe vat jou saam op ‘n kulinêre toer deur Suid-Afrika, bygestaan deur meesterkok Michael Ricketts, wynkenner Madri Victor en sanger Joep Pelt.
Tydens hierdie eksklusiewe expat-aand by die gesellige Suid-Afrikaanse restaurant TjingTjing in Amsterdam vertel vier Afrikaanse skrywers oor hulle gunsteling geregte en lees hulle snaakse, poëtiese en ontroerende kosstories voor uit eie en ander skrywers se werk.
Die Nederlandse sanger en liedjieskrywer Joep Pelt vertel oor sy reise deur Suid-Afrika en sy ontmoetings met ‘n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars en musiekstyle. Natuurlik bring hy sy gitaar saam om ons ‘n voorsmakie te gee!
Michael Ricketts het van die skrywers se gunsteling disse in vanaand se 4-gangmenu verwerk, en Madri Gerber van De Wijnlijst het haar wynkeuse vir die aand met groot sorg hierop afgestem.
Die aanbieder vir die aand is die Suid-Afrikaans gebore filmmaker, toneelskrywer en akteur Gideon van Eeden.
4-gangmenu en bypassende wynkeuse
|
waar en wanneer?
Datum en tyd:
Plek: Pryse: Reservering: |
Maandag 22 September, 18.30 uur vir 19.00 uur
Restaurant TjingTjing, Cornelis Trooststraat 56-58, 1072 JH Amsterdam Die prys vir die 4-gangmenu is € 20,-; vir die wynkeuse betaal u ‘n ekstra € 15,- (4 glase). Dit is egter ook moontlik om wyn per bottel of per glas te bestel, en natuurlik hou TjingTjing altyd ook ‘n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse biere, koeldranke en sappe aan. Tel. 020-6760923 (t/m Vrydag 19 September) |