Week van de Afrikaanse roman
  • Week van de Afrikaanse roman
  • Programma
  • Deelnemers
    • Frazer en Deniel Barry
    • Karin Brynard
    • Valda Jansen
    • Pieter Odendaal
    • Riana Scheepers
    • Eben Venter
  • Printing on demand
  • Informatie voor bibliotheken
  • Media over Week van de Afrikaanse roman
  • Contact
    • Over ons >
      • Sponsors
  • Archief
    • Week van de Afrikaanse roman 2017 >
      • Programma 2017
      • Deelnemers >
        • Amy Jephta
        • Andries Bezuidenhout
        • Ingrid Winterbach >
          • Ingrid Winterbach, dubbeltalent
        • Rudie van Rensburg >
          • Interview Rudie van Rensburg
        • Suzie Matlhola
        • Willem Anker
      • Video's
      • Media over Week van de Afrikaanse roman
      • Persinformatie
    • Week van de Afrikaanse roman 2016 >
      • Informatie voor lezers
      • Informatie voor bibliotheken
      • Informatie voor boekwinkels
      • Deelnemers 2016 >
        • Lien Botha
        • Simon Bruinders
        • Karin Hougaard
        • Ena Jansen
        • Marlene van Niekerk
        • Francois Smith
        • Marita van der Vyver
      • Foto's 2016
      • Media over Week van de Afrikaanse roman
    • Week van de Afrikaanse roman 2014 >
      • Foto's 2014
      • Schrijvers 2014 >
        • Etienne van Heerden
        • Irma Joubert
        • Sonja Loots
        • Marita van der Vyver
        • Kirby van der Merwe
        • Chanette Paul
        • Bart de Graaff
        • Riet de Jong-Goossens
      • Media >
        • Media over Week van de Afrikaanse roman
        • Media over Afrikaanse literatuur
        • Nieuwsbrieven 2016

Ingrid Winterbach, dubbeltalent

interview: ena jansen

De organisatoren van de Week van de Afrikaanse roman zijn trots dat Ingrid Winterbach dit jaar meedoet. Ze is niet alleen een veelbekroond schrijfster. Haar schilderwerk is al even interessant!
Jy verwys baie na die Suid-Afrikaanse geskiedenis in jou boeke. Dit het begin met wat in townships en op die grense aangegaan het in Klaaglied vir Koos tot die Boereoorlog in Niggie. Verduidelik as jy wil wat die land se geskiedenis vir jou beteken.
 
My kennis van wêreld- en landsgeskiedenis is eintlik beklaenswaardig gebrekkig. Soos al my belangstellings is my belangstelling daarin uiters selektief – ek verdiep my slegs in dit wat ek nodig het vir ‘n bepaalde roman. Behalwe die Anglo-Boereoorlog vir Niggie, was ek nog nooit besonder geïnteresseerd in die mainstream-geskiedenis nie.

En verduidelik ‘n bietjie waarom jy so gefassineer is deur die wetenskappe wat die aarde, die plante, die sterre en insekte beskryf.
Ek weet dit self nie! Ek verstaan waarom ek in die kunsgeskiedenis belangstel, byvoorbeeld – omdat ek self kuns maak. Maar my belangstelling in die natuurlike wêreld kan ek nie verklaar nie – dit was vandat ek kan onthou nog net altyd daar. Die afgelope tyd is dit veral evolusionêre geskiedenis wat my boei: daardie verbysterende skaal-aanpassing wat mens moet maak tussen die grootte van die heelal en die lewe van ‘n individu. (Lg. natuurlik die stof van romans.)
 
Jy het ‘n wye draai deur die hele land gegooi en op verskillende plekke gewoon. Wat is die wisselwerking tussen waar jy woon en wat jy skryf?
Baie belangrik. Die geografiese ruimte waarbinne ek skryf, vind gewoonlik neerslag in die werk waarmee ek op ‘n bepaalde moment besig is. Toe ons in Durban gewoon het, was die groen weligheid ‘n belangrike motief in my romans. In Stellenbosch was dit nog altyd die berge. (Nou, in Jamestown, is dit die berge in die oortreffende trap.) In Louis Trichardt het ek nog nie romans begin skryf nie – as ek het, sou die rooi tennisbane sekerlik gefeature het.
Veral in my eerste romans het ek met groot noulettendheid die landskap opgeteken (bv. Klaaglied en Belemmering). Nie net die landskap nie, maar elke klipper, miernes, sprinkaan, spinnekop en kiewiet het my toe geïnteresseer. Elke wolk wat oor die berg beweeg. Met die tyd saam het my oog meer verslete geraak – nou gly my skrywersblik baie meer oorsigtelik oor die landskap, nou dui ek dit baie bondiger aan. Byna as ‘n soort shorthand.
 
Jy verwys baie na musiek in jou romans. Luister jy na daardie spesifieke soort musiek terwyl jy aan die skryf is? Moet jou lesers gaan luister om beter te verstaan wat jou karakters meemaak?
Ek luister nie na musiek terwyl ek skryf nie. Wel terwyl ek skilder. Ek luister ook nie noodwendig na die musiek waarna my karakters luister nie. Dit kan ‘n leser geen kwaad doen om na die musiek te luister waarna in die roman verwys word nie – dis nie noodsaaklik nie, maar dit kan wel vir die leser interessant wees! Ek gaan nou al lank deur 'n fase waarin ek nie graag luister na Westerse klassieke musiek nie – eerder na byvoorbeeld rock, Soefi-musiek uit Bowe-Egipte, Blues, of Bisantynse Grieks-Ortodokse musiek.
 
Veel sterker nog as musiek is die verwysings na beeldende kuns. Onlangs het Fanie Naudé gesê dat hy in Die derde spoel so baie verwysings na beeldende kuns het omdat hy as’t ware jaloers is op mense wat ‘n talent het vir dié kunsvorm; hy kan net daaroor skryf. Jy is wél ‘n gerekende beeldende kunstenaar. Wil jy verduidelik hoe jy die verhouding tussen jou visuele en woordkuns ervaar? Selfs hoe jy prakties jou tyd en aandag tussen skilder en skryf verdeel.
In die tagtigerjare het ek visuele werk gemaak wat hoofsaaklik uit teks bestaan het – die visuele element heeltemal daaraan ondergeskik (klein fotostatiese images op groot velle geskrewe teks). Die teks is nog steeds belangrik – maar minder oorheersend, meer gefragmenteer.
Die versoeking is groot om in elke roman die hoofkarakter ‘n skilder te maak – nou laat ek myself dit net in elke tweede of derde roman toe (!).
Ek het al jare lank die gewoonte om soggens te skryf en smiddae te skilder of teken. Ek dink altyd ek het eintlik minder tyd as skrywers en visuele kunstenaars omdat ek my tyd tussen die twee aktiwiteite moet verdeel, in plaas daarvan om voluit vir een of die ander te gaan.   
 
Vir Perspektief en profiel het ek die profiel oor jou romans geskryf. Telkens is ek gelok om te agterhaal waarna jy verwys en om dan dié verwysings te integreer by my leesproses. Ek ervaar hierdie ontrafeling van jou verwysings en die spel van intertekstualiteit as enorm belangrik. Hoe belangrik is dit dat jou lesers optel waarna jy verwys?
Ek hoop altyd dat daar genoeg is vir die leser – wat nie soveel daaraan het om alle verwysings na te gaan of ‘n groot klomp inspannende navorsing of speurwerk te doen nie – om steeds die boek te geniet. (Met die klem op geniét!) Oor die ontrafeling van verwysings voel ek soos met die musiek in my romans – dit is nie noodsaaklik vir ‘n begrip en plesier op die eerste vlak nie, maar dit is waarskynlik, soos jy sê  - soos met die lees van énige ander teks – verrykend vir die leser.
 
Nou weet ek jy wéét baie en lees wyd, maar tog wonder ek: google jy graag of hou jy meer van hardware? Kunsboeke en ensiklopedieë?
Ek was nog altyd ‘n hard copy girl. Dis maar onlangs wat ek eintlik begin google het.
 
Stel dit jou teleur as jy hoor lesers vind jou moeilik?
Ja, ek is altyd verras om te hoor mense vind my werk moeilik. (Daar is baie, baie moeiliker werk as myne!) Ek kan nie sien op watter manier my romans harde werk hoef te wees nie. Ek dink ook mense het geleer om my te lees – lesers vertroud met my werk vind dit nie meer besonder vreemd of inspannend nie. Hulle vat dit maar soos dit kom: met ‘n knip sout en ‘n skeutjie suurlemoen.
Jy’t ‘n keer op my balkon in Kaapstad gesit en ek het jou vertel van ‘n plaas teen Seinheuwel wat ons van daar af kon sien. Ek het selfs Podlashuc se skildery van ‘André’s Farm’ in ‘n boek vir jou gewys. Jy’t heeltemal geïnteresseerd gelyk, maar op geen manier verklap dat juis híérdie plaas so ‘n belangrike rol aan die speel was in die manuskrip waaraan jy juis toe aan die skryf was nie, Die aanspraak van lewende wesens. Ook in Vlakwater is dié plaas, weliswaar onder nuwe bestuur (!), ‘n belangrike ruimte. Is dit deel van jou werkwyse dat jy jou kaarte ná aan jou lyf hou, nie kan of wil praat oor waarmee jy besig is terwyl jy nog aan die skryf is nie? En indien wel, hoekom is dit vir jou skryfproses belangrik om die skryfruimte privaat en afgeskerm te hou?
Ek praat nie graag oor waarmee ek besig is nie omdat die energie wat in die skryf moet gaan dan in die praat gaan. So dit gaan sekerlik om die behoud van daardie kosbare skryfenergie (waarvan ek nie sóveel het nie, helaas). Maar daar is ook miskien iets secretives (geheim-houdends) in my persoonlikheid: ek hou daarvan om eers die kat uit die boom te kyk voor ek my op een of ander manier commit. Ek verkies om my spore dood te vee.
Ek lag nou want ek het nie besef dat ek die dag op jou balkon so niks laat blyk het nie!
 
​Laasjaar was jy saam met jou man (skilder Andries Gouws) in Parys. Vertel bietjie daaroor.
Dit was wonderlik om twee maande lank in ‘n stad soos Parys te kon deurbring. Eerstens natuurlik oor die oorvloedige kunsaanbod (hoewel ek nie ‘n groot Impressionis-liefhebber is nie). En tweedens om minder tyd kwyt te wees aan die daaglikse roetinematige dinge wat ‘n lewe in Suid-Afrika vereis. Dit was in die tyd van die Fees Must Fall-veldtog, en van die debatte wat ek daaroor op die internet gelees het, het ek as teksfragmente in my groot tekeninge gebruik.  
 
Jou beeldende kuns is die afgelope tyd baie in die nuus ná jou fantastiese tentoonstelling in GUS. Wat is die verhouding tussen jou skilderye en tekeninge en jou skryfwerk?
My visuele en skryfwerk is albei gemoeid met die Suid-Afrikaanse werklikheid. Maar in albei hou ek my ook besig met my privater belangstellings. In my skryfwerk, byvoorbeeld: evolusie, gesinsverhoudings, kunsgeskiedenis, die natuurlike wêreld, mistisisme, die Kabbala, die Bybel. In my visuele werk: verwysings na en ‘n ontlening van beelde uit die Westerse, Oosterse, en Afrikakuns, en ‘n verskeidenheid tekste uit diverse bronne.
 
Op baie van jou kunswerke kom skedels voor. Hoekom?
Ek het ‘n keer in Durban sg. ‘wet material’ by die dierkunde departement geleen om te teken: vlermuise, hondjies, ‘n padda, alles in bottels formalien (selfs ‘n fetus met ‘n skedelafwyking), maar ek het later so hiervoor gegril dat ek weer met plesier my toevlug geneem het na my skedels, klippe, beendere. Droë materiaal, die verganklike vlees lank reeds verdwene.
Skedels. Ja. Ek is mal oor skedels. (Ek begeer só ‘n olifantskedel!) Skedels as beeldhoukundige vorms. As memento’s mori, ‘n herinnering aan ons sterflikheid. Ook die mooi wetenskaplike benoemings vir die dele van die skedel: bv. die parietal en die sphenoid bone, die zygomatic fossa, die spheno-maxillary fissure, die squamous en die coronal suture. (Hier is Gray’s Anatomy my troue handboek.) Maar die skedel leen hom ook tot groot komiese vervorming – dit gee my groot plesier om klein, comic-agtige skedeltjies te teken!
 
Jy was voorgraads en tot en met jou honneursjaar aan  Wits, ‘n Engelstalige universiteit. Jy praat en skryf uitstekend Engels en het van jou romans ook self in Engels help vertaal. Maar tog skryf jy veral in Afrikaans. Wil jy verduidelik wat die waarde van Afrikaans vir jou is?
Ek ken geen ander taal so goed as wat ek Afrikaans ken nie. Ek het ooit ‘n roman in Engels geskryf, maar ek het my nie die vryheid van spel (van die verbreking van reëls) daarin kon permitteer wat ek in Afrikaans kan doen nie – die noodsaak om Engels kórrek te gebruik was te oorheersend. Dit sou uiteraard veel makliker wees om direk in Engels te skryf, want die proses van vertaling is duur en omslagtig. Maar vertaling is noodsaaklik, al is dit net om deel van die breër Suid-Afrikaanse literêre toneel te word.
 
In jou romans is dit baie duidelik dat die opeenvolging van generasies en familie vir jou van belang is. Jy dra byvoorbeeld van jou boeke op aan gesinslede. Onlangs het jy  vir die eerste keer ouma geword toe jou oudste dogter Brink se baba Bram gebore is. Voorsien jy dat daar ‘n nuwe tematiese impuls in jou werk gaan kom? Ek moet byvoorbeeld dink aan Marlene Dumas se skilderye van haar babadogter Helena en aan Antjie Krog se ouma-gedigte oor haar kleinkinders. 
Dit is ‘n geweldige, byna ongrýpbare ervaring, op die oomblik nog moeilik om onder woorde te bring. Daar was in elkeen van my romans nog altyd ‘n kind – so dis baie waarskynlik dat die lieflike nuweling ook iewers sal opduik. Ek sal nog moet sien op watter manier en in watter konteks.

Een ingekorte versie van dit interview is verschenen in Maandblad Zuid-Afrika, jrg. 94 (2017), nr. 8 (september), p. 184-185.

Twee boeken van Ingrid Winterbach zijn bij uitgeverij Cossee in Nederlandse vertaling verschenen: Niggie en Het boek van toeval en toeverlaat. Deze boeken zijn helaas uitverkocht. Alleen via bol.com en boekwinkeltjes.nl zijn nog enkele exemplaren te krijgen.
​Maar wist u dat u via bol.com ook Afrikaanstalige e-boeken kunt bestellen? En Die aanspraak van lewende wesens en Vlakwater zijn via printing-on-demand in boekvorm te bestellen: snel, betrouwbaar en goedkoop. Voor printing-on-demand kunt u zowel bij een kwaliteitsboekwinkel als bij bol.com terecht.

Twee werken van winter-bachs recente tentoon-stelling relevant / Irrelevant​ in de Galery Universiteit Stellen-bosch (GUS)

Picture

Postadres: Robert Kochlaan 622, 2035 BV Haarlem, Nederland / E-mail: info@weekvandeafrikaanseroman.nl
Privacy
Inschrijven nieuwsbrief